Bybel-Media: jou inspirerende reisgenoot op die Jesus-weg

Bybel-Media is reeds vir meer as 50 jaar ’n reisgenoot in diens van die blye evangelie van Jesus Christus. Ons inspireer mense om Jesus te volg en te groei as dissipels op die Jesus-weg. 


Bybel-Media se werksaamhede kan ’n impak op mense se lewe maak omdat ons finansieel ondersteun word deur donateurs wat onbaatsugtig die uitdra van die evangelieboodskap van Jesus Christus moontlik maak.

 

bou ander op in hulle geloof

Vir gelowiges soos ek en jy, lê groot bouwerk voor. 

Dit is met jou hulp dat ons saam die 

reuse-uitdagings kan oorkom.

’n geskenk van hoop aan ons kinders

Help Bybel-Media om ’n boodskap van omgee en hoop in moeilike 

tye aan kinders en jongmense oor te dra 

sodat hulle hul geloof kan versterk. 

Word 'n bybel-boodskapper

Saam kan ons voortgaan om mense se lewe ten goede te beïnvloed 

met Jesus se boodskap van verlossing.

Jou geskenk van vandag is regtig belangrik vir die toekoms 

van Boodskap vir Vandag.

HELP ONS OM GOD SE WOORD TE DEEL

Jou borgskap sal jou medegelowiges bemagtig om hulle lewe te verander. Dit kan ’n rimpeleffek tot gevolg hê en lei tot betekenisvolle veranderinge wat lank ná jou lewe op aarde sal bly voortbestaan.

SKENK BOKSE HOOP VIR GELIEFDES

Help ons om ‘n boks gratis geloofsboeke, bybels en Lewenslêers by ‘n tehuis of aftree-oord van jou keuse af te lewer.

DEEL DIE EVANGELIEBOODSKAP

Jou ondersteuning stel Echo of His Call in staat om na meer mense die evangelie op ’n Bybelse wyse oor te dra.

VOLHOUBARE EN INNOVERENDE KERKNUUSDIENS

Jou ondersteuning stel Kerkbode in staat om voort te bou op ’n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het met die doel om “godsdienskennis te versprei”.

Verander kinders se lewens deur stories

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en deel 

hierdie projek met vriende, familie of 

iemand wat daarby sal baatvind.

Bemaak ’n geloofsgeskenk in jou testament

Gee ’n liefdeserflating aan Bybel-Media as deel van jou nalatenskap

ERFLATINGSGIDS


Ons erflatingsgids gee ’n volledige uiteensetting van hoe om oor jou nalatenskap te dink.

LEWENSLÊER


Ons Lewenslêer is ’n handige gids waarin jy al jou inligting op een plek bymekaar kan hou.

KODISIL


ʼn Kodisil is ʼn aanhangsel aan ‘n bestaande testament om dit aan te vul of te wysig.